Afrikaans Bible

PSALMS 81

PSALMS

Return to Index

Chapter 82

1


 

  'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.  

 

 


2


 

  Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.  

 

 


3


 

  Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.  

 

 


4


 

  Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.  

 

 


5


 

  Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.  

 

 


6


 

  Ek self het gesĂȘ: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste --  

 

 


7


 

  nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.  

 

 


8


 

  Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.  

 

 


PSALMS 83

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: