Afrikaans Bible

PSALMS 53

PSALMS

Return to Index

Chapter 54

1


 

  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid,  

 

 


2


 

  toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?  

 

 


3


 

  o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!  

 

 


4


 

  o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!  

 

 


5


 

  Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.  

 

 


6


 

  Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.  

 

 


7


 

  Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou! [ (Psalms 54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want die is goed; ] [ (Psalms 54:9) want die het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien. ]  

 

 


PSALMS 55

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: